top of page
Ouerskap-opleiding: Geskryf deur prof Johan Smith
              (Geskik vir ouers met graad 6 en graad 7 leerlinge)
help.jpg
help6.png

Ouerskap-opleiding: Help! My kind word groot

​(Geskik vir ouers met graad 6 en graad 7 leerlinge)

​

Die boek is geskryf  deur prof Johan Smith om jou as ouer te help en raad te gee, maar ook voor te berei op die uitdagings van jou kind se tienerfase. Dit is een reuse, enorme voorreg om so 'n rol in jou kind se lewe te kan speel. Daar is egter baie ouers vandag wat hierdie kosbare geleentheid deur hulle vingers laat glip. Die boek is op so 'n manier geskryf dat dit ook in groepsverband gebruik kan word, sodat ouers by mekaar kan leer en mekaar kan help met die ouerskapreis van jou kind wat op sy adolessensie-reis is.

​

Hoe werk die boek:

​

Pa en Ma, nooi 'n paar vriende oor en bespreek die boek saam. Kuier saam oor die hoofstukke, leer by mekaar, gee mekaar raad. Ons is saam in hierdie soms lekker, soms uitdagende, soms oorweldigende en reuse verantwoordelike voorreg wat ons Ouerskap noem. Indien die saam-kuier nie prakties moontlik is nie, kan jy self deur die vrae werk en dink.

'n Geestelike leier van 'n gemeente kan ook leiding neem met 'n groep ouers en hulle deur die hoofstukke en vrae begelei.

​

Inleidende videos deur Johan Smith:

​

Langs die naam van elke hoofstuk is daar 'n QR Code. Skandeer die kode met enige QR Reader om na 'n kort inleidende video te kyk waar Johan Smith met jou gesels oor die inhoud van die hoofstuk.

Ouerskapboek

help2.jpg
help3.jpg
help4.jpg
help5.jpg

Kom besoek ons: 

Gebou 88B

Tijger Valley Office Park

Silver Lakes

0052

Bel ons:

Fred Louw

083 268 7106

  • Facebook - White Circle
  • YouTube - White Circle

© 2016 Odos

bottom of page